Windows Gebeurtenislogmonitering
Die meeste data-oortredings gebeur as gevolg van mense in die binnekring, maar organisasies skiet te kort met hul beheer van interne netwerk aktiwiteite.
Die monitering van interne netwerk aktiwiteite het ‘n primêre vereiste vir organisasies geword - groot en klein. Organisasies moet proaktiewe maatreëls neem om die sekuriteit van hul netwerk en data te verseker en om hul netwerk te beskerm teen oortredings en bedreigings. Die monitering van gebeurtenis log data is die mees akkurate manier om netwerk onrëelmatighede, data oortredingspogings en netwerk inbrekers op te spoor.
Mitigeer Binnekring Bedreigings deur Event Log Data te monitor
Meeste organisasies het ‘n netwerkomgewing wat Windows bedieners en werkstasies insluit. Microsoft Windows bedryfstelsel genereer ‘n verskeidenheid gebeurtenis logs en hierdie logs, as dit gemonitor word, kan netwerk administreerders help om hul netwerk te beveilig teen interne bedreigings en om log forensiese ondersoeke uit te voer. Die event logs bevat belangrike inligting, soos onsuksesvolle aanmeldings, aanmeldingsfoute, onsuksesvolle pogings om toegang tot veilige lêers, sekuriteit log peurtering ens. wat u help om u organisasie te beskerm teen netwerk bedreigings.
Gebeurtenis logs word gegenereer in EVT en EVTX formate. Die Windows NT, XP, 2000 en 2003 bediener en werkstasie weergawes ondersteun die EVT log formaat en Windows Vista en Server 2008 weergawes gebruik die EVTX log formaat. Om hierdie Windows log gebeurtenisse (in EVT en EVTX formate) te monitor in verskeie Windows weergawes word ‘n uitdaging vir netwerk administrateurs en om hierdie gebeurtenis log data een vir een te monitor is langdradig en tydrowend.
EventLog Analyzer Outimatiseer Gebeurtenis Log Monitering
EventLog Analyzer - ‘n Gebeurtenis moniteringsagteware wat volledige monitering van gebeurtenis logs verskaf. Dit versamel, analiseer, doen verslag en argiveer log data wat gegenereer is deur ons Onderneming Windows netwerk - Bedieners en werkstasies. Hierdie Gebeurtenis Log moniteringsagteware is versoenbaar met alle formate van Windows gebeurtenis logs (EVT en EVTX) gegenereer deur verskillende Windows bedryfstelsels soos:
- Windows 2003 Server
- Windows 2008
- Windows NT
- Windows 2000
- Windows XP
- Windows Vista
- Windows 7
- Alle ander Windows bedryfstelsels
Die gebeurtenis log data word versamel deur agentlose tegnologie van al u Windows masjiene te gebruik. Die gebeurtenis log data word gemonitor en geanaliseer by die sentrale plek - EventLog Analyzer Bediener masjien. Hierdie Windows log moniteringsagteware kan gebeurtenis logs monitor op alle Windows bedieners en werkstasies in jou netwerk en waarsku jou in werklike tyd via sms of epos wanneer netwerk onreëlmatighede in jou netwerk voorkom.
EventLog Analyzer - Gebeurtenis Log Moniteringsinstrument Voordele:
- Agentlose Gebeurtenis Log Versameling - Versamel, normaliseer, monitor, analiseer, rapporteer en argiveer Windows gebeurtenis log lêers in EVT en EVTX log formate
- Analises teken gebeurtenis data aan en genereer versae vir reëlmatige nakomingsoudits
- ‘n Sentrale bergplek vir jou Windows gebeurtenis log data
- Opsporing van netwerk sekuriteitsgebeurtenisse soos onsuksesvolle aanmeldings, objek toegang, skoonmaak van oudit logs, ens.
- Gebeurtenis korrelasie enjin wat aanvalspatrone oor al jou Windows toestelle en ander netwerk toestelle opspoor en jou in werklike tyd waarsku.
- Ingeboude bedreigingsintelligensie om netwerk indringers op te spoor en te verhoed en STIX/TAXII bedreigstoevoer verwerking om jou te waarsku oor kwaadwillige IPs, URLs, en domeine
- Monitering vir eksterne bedreigingsintelligensie oplossings
- Versoenbaar met alle weergawes van Windows: Windows 2003 en 2008 bediener, Windows NT, Windows 2000, Windows XP, Windows 7 en Windows Vista
- Gee waarskuwings in werklike tyd wanneer netwerkonreëlmatighede voorkom in jou Windows netwerk.
- Eenvoudige en gevorderde soekopsies vir Rou log soektog op Windows gebeurtenis log data
EventLog Analyzer se Gebeurtenis Log Moniteringskenmerke
Gebeurtenis Log Versameling en Monitering

Vir gebeurtenis log versameling benodig hierdie gebeurtenis log moniteringsagteware nie ‘n aparte agent wat op elke masjien geinstalleer moet word van waar die logs versamel moet word nie. EventLog Analyzer gebruik Agentlose log versamelingstegnologie om Windows gebeurtenis log data te versamel.
The gebeurtenis logs wat versamel is, is beskikbaar op die paneelbord met die tellings gebasseer op die foute, waarskuwingsboodskappe en ander spesifieke gebeure. Deur hierdie tellings te gebruik, kan u die Windows log data volumes in ‘n georganiseerde manier besigtig, wat dit volledig maak en beskikbaar stel vir vinnige diagnose van probleme wat ontstaan binne die Windows bedryfstelsels.
Gebeurtenis Log Monitering vir Nakoming van die Reëls

Nakoming van die Reëls is een van die belangrikste elemente vir IT administrateurs. Dit is uiters noodsaaklik vir organisasies om die nakoming van die reëls oudit te besigtig, want nie-nakoming van die regulerende standaarde kan lei tot ernstige boetes. EventLog Analyzer maak dit vir IT administrateurs moontlik om te voldoen aan regulerende nakomingsvereistes deur gebeurtenis logs te monitor en te analiseer vanaf hul Windows bedieners en werkstasies, in werklike tyd.
Met EventLog Analyzer kan u pre-gedefinieërde of standaard nakomingsverslae genereer vir gebeurtenis logs om te voldoen aan oudits soos HIPAA, GLBA, PCI DSS, SOX, FISMA, ISO ISO 27001/2 en meer. Hierdie gebeurtenis log nakomingsverslagdoeningsagteware verskaf ook ‘n verdere waardevolle funksie wat u toelaat om pasgemaakte verslae te skep vir nuwe nakoming om u te help om te voldoen aan groeiende nuwe regulerende wette wat nakoming vereis in die toekoms.
Forensiese Log en Rou Log Soektog vir Gebeurtenis Log Data

EventLog Analyzer vergemaklik forensiese ondersoeke deur dit vir jou moontlik te maak om die kragtige soek enjin te gebruik om die rou en geformateerde gebeurtenis logs en forensiese verslae, gebasseer op die soekresultate, te ondersoek. Netwerkbestuurders kan nou die rou log data identifiseer wat die sekuriteitsaktiwiteit veroorsaak het, om die spesifieke tyd wat die ooreenstemmende sekuriteitsgebeurtenis gebeur het te identifiseer, asook wie die aktiwiteit begin het asook die aktiwiteit van waar die aktiwiteit plaasgevind het.
Hierdie soekfunksie in hierdie gebeurtenis log monitor software sal u help om vinnig die netwerkindringer te vind en dit is baie handig vir wetstoepassingsorganisasies vir forensiese analise. Maak jou soektog kleiner met EventLog Analyzer se betroubare gebeurtenis log soekfunksie wat maklike soektogte bied, gebasseer op spesifieke gebeurtenis IDs wat belangrik is vir die maatskappy beleid of ‘n spesifieke tipe gebeurtenis: fout, waarskuwing, onsuksesvolle probeerslag or ander diverse kategorieë. Windows logs argiewe kan ingevoer word en sekuriteitsinsidentontginning kan uitgevoer word deur die rou gebeurtenis logs te ondersoek.
Genereer Verslae vanaf Windows Bedieners en Werkstasies

EventLog Analyzer sluit verskeie pre-gedefinieërde of standaard verslae in wat gebasseer word op gebeurtenis logs wat ontvang is van Windows bedieners en werkstasies. Hierdie verslae wys jou details soos onsuksesvolle aanmeldingspogings, onsuksesvolle aanmeldingspogies as gevolg van verkeerde wagwoorde, rekening uitsluitings, onsuksesvolle pogings om toegang te kry to beveiligde lêers, peutery met sekuriteitslogs, gebeurtenisneigings, ensovoorts. Deur hierdie verslae te gebruik, kan administrateurs maklik bepaal watter gebruikers maak foute, en watter masjiene is buite werking, deur sodoende die vraagstellingssiklus te verminder.
EventLog Analyzer laat jou toe om verskillende kriteria te gebruik om pasgemaakte verslae te genereer van u log data gebeurtenis op u Windows masjien. Die kriteria is: Log boodskap, Gebruiker, Gebeurtenis ID en Gebeurtenis Tipe / Ernstigheid.
Stel Werklike Tyd Waarskuwings op in Windows Bedieners en Werkstasies

EventLog Analyzer genereer werklike tyd waarskuwings vir gebeurtenis logs, wat administrateurs laat weet wanneer ‘n gebeurtenis wat aan sekere spesifieke kriteria voldoen, voordoen. Die waarskuwings help administrateurs om kritieke bedieners en prosesse op die Windows netwerk te monitor in werklike tyd.
Jy kan definieër watter Windows Bediener of Werkstasie of groep Windows toestelle gemonitor moet word. Jy kan ook ‘n waarskuwing trigger gebasseer op gebeurtenisse wat gegenereer is met ‘n spesifieke log tipe, gebeurtenis ID, log boodskap, of ernstigheid. Gebeurteniswaarskuwings word in werklike tyd gestuur via epos, sms en deur pasgemaakte programme
Ander kenmerke
Syslog Bediener Bestuur
EventLog Analyzer versamel en analiseer log data vanaf Linux / Unix bedieners om onmiddellike verslae te verskaf wat help om verdagte gedrag, onreëlmatige syslog aktiwiteite ens. op te spoor.
Toepassingslog analise
Analiseer toepassingslog vanaf IIS en Apache web bedieners, Oracle & MS SQL databasisse, DHCP Windows en Linux toepassings en meer. Mitigeer toepassings sekuriteitsaanvalle met verslae en werklike tyd waarskuwings.
Active Directory vir Log Monitering
Monitor alle tipes log data van Active Directory infrastruktuur. Volg onsuksesvolle insidente in werklike tyd en skep pasgemaakte verslae om spesifieke Active Directory gebeure wat vir u belangrik is, te monitor.
Bevoorregte Gebruiker Monitering
Monitor en volg bevoorregte gebruikersaktiwiteite om aan PUMA vereistes te voldoen. Verskaf uit-die-boks verslae oor kritieke aktiwiteite soos onsuksesvolle aanmeldings, redes vir onsuksesvolle aanmeldings, en meer.
Druk Bediener Bestuur
Monitor en oudit druk bediener met gedetaileerde verslae oor gedrukte dokumente, pogings om dokumente te druk sonder behoorlike toestemming, onsuksesvolle druk versoeke en die redes daarvoor, en meer
IT nakomingsbestuur
Voldoen aan die streng vereistes van reguleringsmandate viz, PCI, DSS, FISMA, HIPAA, en meer met pre-gedefinieërde verslae & waarskuwings. Pas bestaande verslae aan of bou nuwe verslae om te voldoen aan die interne sekuriteitsbehoeftes.
Benodig Kenmerke? Praat met ons
As u ekstra kenmerke wil sien in EventLog Analyzer, laat ons weet. Klik hier om voort te gaan